Hierdie ooreenkoms is in Engels (VS) geskryf. Tot die mate wat die vertaalde weergawe in stryd met die Engelse weergawe is, geld die Engelse weergawe.  Let asb. daarop dat Afdeling 16 sekere veranderinge aan die algemene bepalings vir gebruikers buite die Verenigde State bevat.
Datum van laaste hersiening: 30 Januarie, 2015
Impressum
The websites under www.facebook.com and the services on these page are being offered to you by:
Facebook Ireland Limited, 4 Grand Canal Square, Dublin 2, Ireland

Board of directors: Gareth Lambe, Shane Crehan
Registered in Ireland (Companies Registration Office)
Company No. 462932

For help or information about how to make a report:
To contact us by email:


Stelling van regte en verantwoordelikhede
Hierdie Stelling van regte en verantwoordelikhede (“Stelling”, “Bepalings” of “SRV”) is aan die Facebook-beginsels ontleen en is ons diensbepalings wat ons verhouding met gebruikers en ander wat met Facebook te doen het, beheer, asook Facebook-handelsmerke, -produkte en -dienste, wat ons die “Facebook-dienste” of “Dienste” noem. Deur Facebook-dienste te gebruik of daartoe toegang te kry, stem u in tot hierdie Stelling, soos van tyd tot tyd ooreenkomstig Afdeling 13 hieronder opgedateer. Daarbenewens sal u hulpbronne aan die einde van hierdie dokument vind wat u help verstaan hoe Facebook werk.
Omdat Facebook ’n wye verskeidenheid Dienste voorsien, kan ons u vra om aanvullende bepalings te hersien en te aanvaar wat op u betrokkenheid by ’n sekere toepassing, produk, of diens van toepassing is. Tot die mate wat daardie aanvullende beginsels met hierdie SRV in stryd is, geld die aanvullende beginsels wat met die toepassing, produk, of diens geassosieer word, ten opsigte van u gebruik van daardie toepassing, produk of diens tot die mate van die teenstrydigheid.
  1. Privaatheid

    U privaatheid is vir ons baie belangrik. Ons het ons Databeleid ontwerp om belangrike openbaarmakings te doen oor hoe u Facebook kan gebruik om met ander te deel en hoe ons u inhoud en inligting insamel en kan gebruik. Ons moedig u aan om die Databeleid te lees en om dit te gebruik om u te help om ingeligte besluite te neem.
     
  2. Deling van u inhoud en inligting

    U besit al die inhoud en inligting wat u op Facebook plaas, en u kan deur u privaatheid- en toepassingsinstellings beheer hoe dit gedeel word. Daarbenewens:
    1. Vir inhoud wat deur intellektuele-eiendomsregte gedek is, soos foto’s en video’s (IP-inhoud), gee u ons spesifiek die volgende toestemming, onderhewig aan u privaatheid- en toepassingsinstellings: u gee ons ’n nie-uitsluitlike, oordraagbare, sublisensieerbare, tantièmevrye, wêreldwye lisensie om enige IP-inhoud wat u op of in verband met Facebook plaas, te gebruik (IP-lisensie). Hierdie IP-lisensie eindig wanneer u u IP-inhoud of u rekening uitvee, tensy u inhoud met ander gedeel is en hulle dit nie uitgevee het nie.
    2. Wanneer u IP-inhoud uitvee, word dit uitgevee op ’n wyse soortgelyk aan die leegmaak van die Snippermandjie op ’n rekenaar. U begryp egter dat verwyderde inhoud vir ’n redelike tydperk in rugsteunkopieë kan voortbestaan (maar sal nie aan ander beskikbaar wees nie).
    3. Wanneer u ’n toepassing gebruik, kan die toepassing u vra vir u toestemming om toegang tot u inhoud en inligting te kry, asook tot inhoud en inligting wat ander met u gedeel het.  Ons vereis dat toepassings u privaatheid respekteer, en u ooreenkoms met daardie toepassing sal beheer hoe die toepassing daardie inhoud en inligting kan gebruik, berg en oordra.  (Om meer oor Platform te wete te kom, met inbegrip van hoe u kan beheer watter inligting ander mense met toepassings mag deel, lees ons Databeleid en Platformblad.)
    4. Wanneer u inhoud of inligting met die Openbare instelling publiseer, beteken dit u laat almal, insluitend mense buite Facebook, toe om toegang tot daardie inligting te kry, dit te gebruik en dit met u te assosieer (d.i., u naam en profielfoto).
    5. Ons waardeer altyd u terugvoer of ander voorstelle oor Facebook, maar u verstaan dat ons onder geen verpligting is om u daarvoor te vergoed nie (net soos u nie verplig is om dit vir ons aan te bied nie).
       
  3. Veiligheid

    Ons doen ons bes om Facebook veilig te hou, maar ons kan dit nie waarborg nie. Ons het u hulp nodig om Facebook veilig te hou, wat die volgende verbintenisse deur u insluit:
    1. U sal nie ongemagtigde kommersiële kommunikasie (soos strooipos) op Facebook plaas nie.
    2. U sal nie sonder ons toestemming gebruikers se inhoud of inligting insamel, of op enige wyse toegang tot Facebook verkry, deur middel van outomatiese wyses (soos insamelbotte, robotte, webspinnekoppe of skrapers) nie.
    3. U sal nie onwettig multi-vlakbemarking, soos ’n piramideskema, op Facebook bedryf nie.
    4. U sal nie virusse of ander kwaadwillige kode oplaai nie.
    5. U sal nie aanmeldinligting versoek of toegang kry tot ’n rekening wat aan iemand anders behoort nie.
    6. U sal geen gebruiker afknou, intimideer of teister nie.
    7. U sal nie inhoud plaas wat: haatspraak is, dreigend of pornografies is; geweld aanhits; of naaktheid of grafiese of nodelose geweld bevat nie.
    8. U sal nie ’n derdepartytoepassing wat alkoholverwante, afspraak of ander volwasse inhoud (insluitend advertensies) bevat, sonder gepaste onderdomsbeperkings ontwikkel of bedryf nie.
    9. U sal Facebook nie gebruik om enigiets onwettig, misleidend, kwaadwillig of diskriminerend te doen nie.
    10. U sal nie iets doen wat die behoorlike werking of voorkoms van Facebook kan deaktiveer, oorlaai of belemmer, soos ’n diensweieringsaanval of inmenging met bladlewering of ander Facebook-funksionaliteit nie.
    11. U sal nie enige oortreding van hierdie Stelling of ons beleid fasiliteer of aanmoedig nie.
       
  4. Registrasie en Rekeningsekuriteit

    Facebook-gebruikers verstrek hulle regte name en inligting, en ons het u hulp nodig om dit so te hou. Hier is ’n paar verbintenisse wat u aan ons maak met betrekking tot registrasie en die handhawing van die sekuriteit van u rekening:
    1. U sal nie enige valse persoonlike inligting op Facebook verstrek nie, of sonder toestemming ’n rekening skep vir enigiemand behalwe uself nie.
    2. U sal nie meer as een persoonlike rekening skep nie.
    3. Indien ons u rekening deaktiveer, sal u nie sonder ons toestemming nog een skep nie.
    4. U sal nie u persoonlike tydlyn hoofsaaklik vir u eie kommersiële gewin gebruik nie, en u sal ’n Facebook Blad vir daardie doeleindes gebruik.
    5. U sal nie Facebook gebruik indien u onder die ouderdom van 13 is nie.
    6. U sal nie Facebook gebruik as u aan seksoortredings skuldig bevind is nie.
    7. U sal u kontakbesonderhede akkuraat en op datum hou.
    8. U sal nie u wagwoord (of in die geval van ontwikkelaars, u geheime sleutel) deel nie, enigiemand toelaat om toegang tot u rekening te kry nie, of enigiets anders doen wat die veiligheid van u rekening in gedrang kan bring nie.
    9. U sal nie u rekening (insluitend enige Blad of toepassing wat u administreer) aan enigiemand oordra sonder om eers ons skriftelike toestemming te kry nie.
    10. Indien u ’n gebruikernaam of soortgelyke identifiseerder vir u rekening of Blad kies, behou ons die reg voor om dit te verwyder of te herroep indien ons dit gepas ag (soos wanneer ’n handelsmerkeienaar kla oor ’n gebruikernaam wat nie naastenby verband hou met ’n gebruiker se regte naam nie).
       
  5. Beskerming van ander mense se regte

    Ons respekteer ander mense se regte, en verwag dat u dit ook sal doen.
    1. U sal nie inhoud plaas of enige handeling op Facebook verrig wat op iemand anders se regte inbreuk maak of dit skend of die wet andersins oortree nie.
    2. Ons kan enige inhoud of inligting wat u op Facebook plaas, verwyder indien ons van mening is dat dit hierdie Stelling of ons beleide oortree.
    3. Ons voorsien u van nutsdinge om u te help om u intellektuele-eiendomsregte te beskerm. Om meer te leer, besoek ons blad Hoe om eise van intellektuele-eiendom-regskendings te rapporteer.
    4. Indien ons u inhoud verwyder omdat dit op iemand anders se kopiereg inbreuk maak, en u meen ons dit verkeerdelik verwyder het, sal ons u ’n geleentheid gun om appèl aan te teken.
    5. Indien u herhaaldelik inbreuk maak op ander mense se intellektuele-eiendomsregte, sal ons u rekening, wanneer gepas, deaktiveer.
    6. U sal nie ons kopieregte of Handelsmerke of enige verwarrend soortgelyke merke gebruik, behalwe soos uitdruklik toegelaat deur ons Riglyne op Handelsnaamgebruik of met ons vooraf skriftelike toestemming nie.
    7. Indien u inligting van gebruikers insamel, sal u: hulle toestemming verkry, dit duidelik stel dat u (en nie Facebook nie) die een is wat hulle inligting insamel, en ’n privaatheidsbeleid plaas wat verduidelik watter inligting u insamel en hoe u dit gaan gebruik.
    8. U sal niemand se identifikasiedokument of finansiële inligting van ’n sensitiewe aard op Facebook plaas nie.
    9. U sal nie gebruikers merk of e-posuitnodigings aan niegebruikers stuur sonder hulle toestemming nie. Facebook bied sosiale rapporteringsnutsdinge sodat gebruikers terugvoer oor merking kan voorsien.
       
  6. Mobiele en ander toestelle

    1. Ons voorsien tans ons mobiele dienste gratis, maar wees asseblief bewus daarvan dat u diensverskaffer se normale tariewe en gelde, soos vir teksboodskappe en data, steeds van toepassing sal wees.
    2. Indien u u selfoonnommer verander of deaktiveer, sal u u rekenginligting op Facebook binne 48-uur opdateer om te verseker dat u boodskappe nie na die persoon wat u ou nommer kry, gestuur word nie.
    3. U voorsien toestemming en alle nodige regte om gebruikers in staat te stel om hul toestelle te sinkroniseer (insluitend deur ’n toepassing) met enige inligting wat aan hulle sigbaar is op Facebook.
       
  7. Betalings

    Indien u ’n betaling op Facebook doen, stem u in tot ons Betalingsbepalings tensy gestel word dat ander bepalings van toepassing is.
     
  8. Spesiale voorwaardes van toepassing op Ontwikkelaars/Operateurs van toepassings en webwerwe

    Indien u ’n ontwikkelaar of operateur van ’n Platform-toepassing of -webwerf is of indien u Social-inproppe gebruik, moet u die Facebook Platvormbeleid nakom.
  9. Meer oor advertensies en ander kommersiële inhoud bedien of verbeter deur Facebook

    Ons doel is om advertensies en ander kommersiële of geborgde inhoud te lewer wat waardevol vir ons gebruikers en adverteerders is. Om ons te help om dit te doen, stem u tot die volgende in:
    1. U gee ons toestemming om u naam, profielfoto, inhoud, en inligting te gebruik in verband met kommersiële, geborgde of verwante inhoud (soos ’n handelsnaam waarvan u hou) deur ons bedien en verbeter. Dit beteken byvoorbeeld dat u ’n besigheid of ander entiteit toelaat om ons te betaal om u naam en/of profielfoto met u inhoud of inligting, sonder enige vergoeding aan u ten toon te stel. Indien u ’n spesifieke gehoor vir u inhoud of inligting gekies het, sal ons u keuse respekteer wanneer ons dit gebruik.
    2. Ons gee nie u inhoud of inligting sonder u toestemming vir adverteerders nie.
    3. U verstaan dat ons moontlik nie altyd betaalde dienste en kommunikasies as sodanig sal aandui nie.
       
  10. Spesiale voorwaardes van toepassing op adverteerders

    Indien u ons selfdienskoppelvlakke vir reklameskepping gebruik vir die skepping, indiening en/of lewering van enige reklame of ander kommersiële of geborgde aktiwiteit of inhoud (gesamentlik die “Selfdiens-reklamekoppelvakke”), stem u tot ons Selfdiens-reklamebepalings in. Daarbenewens, sal u reklame of ander kommersiële of geborgde aktiwiteit of inhoud op Facebook of ons publiseerdernetwerk geplaas, aan ons Reklamebeleid voldoen.
  11. Spesiale voorwaardes van toepassing op Blaaie

    Indien u ’n Blad op Facebook skep of administreer, of ’n promosie of ’n aanbieding van u Blad af doen, stem u tot ons Bladsyebepalings in.
     
  12. Spesiale voorwaardes van toepassing op sagteware

    1. Indien u ons sagteware aflaai of gebruik, soos ’n alleenstaande toepassing, of ’n blaaierinprop, stem u in dat die sagteware van tyd tot tyd opgraderings, opdaterings en bykomende kenmerke kan aflaai en installeer om die sagteware verder te verbeter en te ontwikkel.
    2. U sal nie modifikasies aanbring, ontleende werke skep van, bronkode aftakel, of andersins probeer om bronkode van ons te kry nie, tensy u uitdruklik toestemming het om dit te doen kragtens ’n oopbronlisensie, of ons u uitdruklike skriftelike toestemming gee.

  13. Wysigings

    1. Ons sal u in kennis stel voor ons veranderings aan hierdie bepalings maak en aan u die geleentheid gun om die hersiene bepalings te lees en opmerkings te maak voordat u voortgaan om ons Dienste te gebruik.
    2. Indien ons veranderinge aan beleide, riglyne of ander bepalings bedoel in of ingewerk in hierdie Stelling, aanbring, kan ons kennisgewing op die Werfbestuurblad gee.
    3. U voortgesette gebruik van die Facebook-dienste, nadat kennis gegee is van veranderinge aan ons bepalings, beleide of riglyne, stel u aanvaarding van ons gewysigde bepalings, beleide of riglyne daar.
       
  14. Beëindiging

    Indien u die letter of gees van hierdie Stelling skend, of andersins risiko of moontlike regsblootstelling vir ons skep, kan ons ophou om die hele Facebook of ’n gedeelte daarvan aan u te voorsien. Ons sal u per e-pos in kennis stel of wanneer u weer probeer om toegang tot u rekening te verkry. U kan ook u rekening uitvee of u toepassing te eniger tyd deaktiveer. In die geval sal hierdie Stelling eindig, maar die volgende bepalings sal steeds van toepassing wees: 2.2, 2.4, 3-5, 9.3, en 14-18.
     
  15. Geskille

    1. U sal enige eis, eisoorsaak of geskil (eis) wat u met ons het voortspruitende of met betrekking tot hierdie Stelling of Facebook uitsluitlik in die V.S. bylê. "District Court for the Northern District of California"of ’n staatshof in San Mateo County, en u stem in om u aan die persoonlike jurisdiksie van daardie howe te onderwerp vir die litigering van alle sodanige eise. Die wette van die Staat Kalifornië geld vir hierdie Stelling, asook vir enige eise wat tussen u en ons kan ontstaan, sonder inagneming van strydige wetsbepalings.
    2. Indien enigiemand ’n eis teen ons instel in verband met u handelinge, inhoud of inligting op Facebook, sal u ons vrywaar en skadeloos stel van en teen enige skade, verliese en koste van enige aard (insluitend redelike regsfooie en kostes) in verband met daardie eis. Alhoewel ons reëls vir gebruikersgedrag voorsien, beheer of rig ons nie gebruikers se handelinge op Facebook nie en is ons nie verantwoordelik vir die inhoud of inligting wat gebruikers op Facebook oordra of deel nie. Ons is nie verantwoordelik vir enige aanstootlike, onvanpaste, onwelvoeglike, onwettige of andersins laakbare inhoud of inligting wat u op Facebook kan teëkom nie. Ons is nie verantwoordelik vir die gedrag, hetsy aanlyn of vanlyn, van enige gebruiker van Facebook nie.
    3. ONS PROBEER OM FACEBOOK OP, FOUTVRY EN VEILIG TE HOU, MAAR U GEBRUIK DIT OP EIE RISIKO. ONS VOORSIEN FACEBOOK SOOS DIT IS SONDER ENIGE UITDRUKLIKE OF STILSWYENDE WAARBORGE MET INBEGRIP VAN, MAAR NIE BEPERK NIE TOT, STILSWYENDE WAARBORGE VAN VERHANDELBAARHEID, GESKIKTHEID VIR ’n BEPAALDE DOEL, EN NIE-OORTREDING. ONS WAARBORG NIE DAT FACEBOOK ALTYD VEILIG, BEVEILIG OF SONDER FOUTE SAL WEES NIE OF DAT FACEBOOK ALTYD SONDER ONDERBREKINGS, VERTRAGINGS OF GEBREKE SAL WERK NIE. FACEBOOK IS NIE VERANTWOORDELIK VIR DIE HANDELINGE, INHOUD, INLIGTING OF DATA VAN DERDE PARTYE NIE, EN U STEL ONS, ONS DIREKTEURE, BEAMPTES, WERKNEMERS, EN AGENTE VRY VAN ENIGE EISE EN SKADE, BEKEND EN ONBEKEND, VOORTSPRUITEND UIT OF OP ENIGE WYSE VERBIND MET ENIGE EIS WAT U TEEN ENIGE SODANIGE DERDE PARTYE HET. INDIEN U ’n INWONER VAN KALIFORNIë IS, DOEN U AFSTAND VAN CALIFORNIA CIVIL CODE §1542 WAT STEL: ’N ALGEMENE VRYSTELLING GELD NIE OOK VIR EISE WAT DIE KREDITEUR NIE WEET OF VERMOED IN SY OF HAAR GUNS BESTAAN TEN TYDE VAN DIE UITVOER VAN DIE VRYSTELLING NIE, WAT INDIEN HY OF SY DAARVAN GEWEET HET, SY OF HAAR SKIKKING MET DIE SKULDENAAR WESENLIK MOES GERAAK HET. ONS SAL NIE AANSPREEKLIK AAN U WEES VIR ENIGE VERLORE WINS OF ANDER GEVOLGLIKE, SPESIALE, INDIREKTE, OF INSIDENTELE SKADE NA AANLEIDING VAN OF IN VERBAND MET HIERDIE STELLING OF FACEBOOK NIE, SELFS INDIEN ONS VAN DIE MOONTLIKHEID VAN SODANIGE SKADE VERWITTIG IS. ONS TOTALE AANSPREEKLIKHEID WAT UIT HIERDIE STELLING OF FACEBOOK ONTSTAAN, SAL NIE EEN HONDERD DOLLAR ($100) OF DIE BEDRAG WAT U IN DIE AFGELOPE TWAALF MAANDE AAN ONS BETAAL HET, WELKE OOK AL DIE GROOTSTE IS, OORSKRY NIE. TOEPASLIKE REG KAN NIE DIE BEPERKING OF UITSLUITING VAN AANSPREEKLIKHEID OF INSIDENTELE OF GEVOLGLIKE SKADE TOELAAT NIE, SO DIE BOGENOEMDE BEPERKING OF UITSLUITING KAN NIE OP U VAN TOEPASSING WEES NIE. IN SODANIGE GEVALLE, SAL FACEBOOK SE AANSPREEKLIKHEID BEPERK WEES TOT DIE VOLLE OMVANG DEUR TOEPASLIKE REG TOEGELAAT.
       
  16. Spesiale bepalings van toepassing op gebruikers buite die Verenigde State

    Ons streef daarna om ’n wêreldwye gemeenskap te skep met konsekwente standaarde vir almal, maar ons streef ook daarna om plaaslike wette te respekteer. Die volgende voorwaardes is van toepassing op gebruikers en niegebruikers wat buite die Verenigde State met Facebook te doen het:
    1. U stem in om u persoonlike data na die Verenigde State te laat oordra en daar te laat verwerk.
    2. Indien u in ’n land is wat deur die Verenigde State onder verbod geplaas is of wat op die V.S. Tesouriedepartement se lys van “Specially Designated Nationals”is, sal u nie op Facebook kommersiële aktiwiteite uitvoer nie (soos reklame of betalings) of ’n Platform-toepassing of -webwerf bedryf nie. U sal Facebook nie gebruik indien u daarvan verbied is om produkte, dienste, of sagteware te ontvang wat uit die Verenigde State kom nie.
    3. Sekere spesifieke bepalings wat slegs op Duitse gebruikers van toepassing is, is hier beskikbaar.
  17. Woordomskrywings

    1. Met "Facebook"of "Facebook-dienste" bedoel ons die kenmerke en dienste wat ons beskikbaar stel, ook deur (a) ons webwerf by www.facebook.com en enige ander webwerwe met die Facebook-handelsnaam of medehandelsnaamwebwerwe (insluitend subdomeins, internasionale weergawes, legstukke en mobiele weergawes); (b) ons Platform; (c) sosiale inproppe soos die Hou van-knoppie, die Deel-knoppie en ander soortgelyke aanbiedinge; en (d) ander media, handelsname, produkte, dienste, sagteware (soos ’n nutsbalk), toestelle, of bestaande of later ontwikkelde netwerke. Facebook behou die reg voor om aan te dui, na eie goeddunke, dat afsonderlike bepalings, en nie hierdie SRV nie, vir sekere van ons handelsname, produkte, of dienste geld.
    2. Met “Platform” bedoel ons ’n stel API’s en dienste (soos inhoud) wat ander, insluitend toepassingsontwikkelaars en webwerfoperateurs, in staat stel om data van Facebook te kry of data aan ons te voorsien.
    3. Met “inligting” bedoel ons feite en ander inligting oor u, met inbegrip van handelinge deur gebruikers en niegebruikers gedoen wat met Facebook te doen het.
    4. Met “inhoud” bedoel ons enigiets wat u of ander plaas, voorsien of deel deur Facebook-dienste te gebruik.
    5. Met “data” of “gebruikersdata” of “gebruiker se data” bedoel ons enige data, insluitend ’n gebruiker se inhoud of inligting wat u of ’n derde party van Facebook kan kry of aan Facebook kan voorsien deur Platform.
    6. Met “plaas” bedoel ons op Facebook plaas of andersins beskikbaar stel deur Facebook te gebruik.
    7. Met “gebruik” bedoel ons gebruik, laat loop, kopieer, in die openbaar uitvoer of ten toon stel, versprei, wysig, vertaal, en afgeleide werke skep van.
    8. Met “toepassing” bedoel ons enige toepassing of webwerf wat Platform gebruik of toegang daartoe verkry, asook enigiets anders wat data van ons ontvang of ontvang het.  Indien u nie langer toegang tot Platform verkry nie, maar nie alle data van ons uitgevee het nie, sal die term toepassing van toepassing wees totdat u die data uitvee.
    9. Met “Handelmerke” bedoel ons die lys handelsmerke wat hier verstrek word.
       
  18. Ander

    1. Indien u ’n inwoner is van of u primêre plek van besigheid in die VSA of Kanada is, is hierdie Stelling ’n ooreenkoms tussen u en Facebook, Inc.  Andersins is hierdie Stelling ’n ooreenkoms tussen u en Facebook Ireland Limited.  Verwysings na “ons” en “ons s’n” beteken of Facebook, Inc. of Facebook Ireland Limited, soos gepas.
    2. Hierdie Stelling maak die hele ooreenkoms tussen die partye aangaande Facebook uit, en vervang enige vorige ooreenkomste.
    3. Indien enige gedeelte van hierdie Stelling gevind word onafdwingbaar te wees, sal die oorblywende gedeelte steeds ten volle van krag bly.
    4. Indien ons versuim om enige deel van hierdie Stelling af te dwing, sal dit nie geag word ’n afstanddoening te wees nie.
    5. Enige wysiging aan of afstanddoening van hierdie Stelling moet op skrif gestel word en deur ons onderteken word.
    6. U sal nie enige van u regte of verpligtinge kragtens hierdie Stelling sonder toestemming aan enigiemand anders oordra nie.
    7. Al ons regte en verpligtinge kragtens hierdie Stelling is vrylik toewysbaar deur ons in verband met ’n samesmelting, verkryging, of verkoop van bates, of by regsweë of andersins.
    8. Niks in hierdie Stelling weerhou ons daarvan om aan die wet te voldoen nie.
    9. Hierdie Stelling verleen nie enige regte aan ’n derdepartybegunstigde nie.
    10. Ons behou alle regte wat nie uitdruklik aan u toegestaan is nie.
    11. U sal aan alle toepaslike wette voldoen wanneer u Facebook gebruik of toegang daartoe kry.

Deur Facebook-dienste te gebruik of toegang daartoe te kry, stem u in dat ons daardie inhoud en inligting ooreenkomstig die Databeleid soos van tyd tot tyd gewysig, kan insamel en gebruik. U sal ook die volgende dokumente wil lees, wat bykomende inligting oor u gebruik van Facebook verstrek:
  • Betalingsbepalings: Hierdie bykomende bepalings is van toepassing op alle betalings op of deur Facebook gedoen, tensy gestel word dat ander bepalings van toepassing is.
  • Platformblad: Hierdie blad help u om beter te verstaan wat gebeur wanneer u ’n derdepartytoepassing byvoeg of Facebook Verbinding gebruik, met inbegrip van hoe hulle toegang tot u data kan kry en dit kan gebruik.
  • Facebook Platformbeleide: Hierdie riglyne sit die beleide uiteen wat op toepassings van toepassing is, met inbegrip van Verbindingswerwe.
  • Reklamebeleide: Hierdie riglyne sit die beleide uiteen wat op advertensies wat op Facebook geplaas word, van toepassing is.
  • Selfdiensadvertensiebepalings: Hierdie bepalings is van toepassing wanneer u die Selfdiensadvertensiekoppelvlakke gebruik om enige reklame of ander kommersiële of geborgde aktiwiteit of inhoud te skep, indien, of lewer.
  • Promosieriglyne: Hierdie riglyne sit die beleide uiteen wat van toepassing is indien u kompetisies, insetloterye, en ander tipes promosies op Facebook aanbied.
  • Facebook-handelsnaamhulpbronne: Hierdie riglyne sit die beleide uiteen wat van toepassing is op die gebruik van Facebook-handelsmerke, -logo’s en -skermkiekies.
  • Bladsye-bepalings: Hierdie riglyne is van toepassing op u gebruik van Facebook Bladsye.
  • Gemeenskapstandaarde Hierdie riglyne sit ons verwagtinge met betrekking tot die inhoud wat u op Facebook plaas en u aktiwiteit op Facebook, uiteen.

Om in verskeie tale toegang tot die Stelling van regte en verantwoordelikhede te kry, verander die taalinstelling van u Facebook-sessie deur op die taalskakel in die linkerkantste hoek van die meeste bladsye te klik.  Indien die Stelling nie in die taal wat u kies, beskikbaar is nie, sal die verstek-Engelse weergawe verskyn.